WÊRELD BUITE JOU VENSTER

VERS 1:

Daars 'n lied wat die gees oproer

En die hart na lewe roep

Dis die skepping van 'n kreetslied

Kan jy die oprys begin voel

 

Hoor jy hoe die generasies

Mettertyd veel harder word

Elke seun en elke dogter

Wat teen die duisternis uitsing

 

KOOR:

Dis nie tyd om nou te swyg nie

Moenie durf jou lig verberg

Daars 'n wêreld buite jou venster

Moenie dit verby laat gaan

Hef jou hande na die Hemele

Hef jou stem na die lug

Loof die Heer van al die skepping

Mag Sy naam verhewe bly

 

NA-KOOR:

Ons sing oh oh oh oh oh oh

 

VERS 2:

Van beroemdes tot onbekendes

Van paleis tot die straat

Ek kan voel hoe druis die dromslag

En dit roep na jou en my

 

Ek kan hoor hoe ontwaak die wêreld

Met 'n hemelse gesang

Elke stam en elke nasie

Sing in Jesus sal ek glo

 

BRUG :

Sien die wêreld verlig

Een hart op 'n slag

In 'n oogwink

Sal elke vesting val

Dood en al ons skuld

Geen plek in sig

Want die Heer

Ons God Hy leef

 

Sien verlor'nes terug keer

Uit die dood van die nag

Elke ketting val

En gevang'ne bevry

Het jy iets so mooi

Al ooit beleef

Die wêreld

Wat nou ontwaak

Amptelike Afrikaanse Vertaling

(World Outside Your Window)

 

© 2020 Hillsong Music Publishing UK (Admin by Hillsong Music Publishing Australia) & Hillsong Music Publishing Australia

 

CCLI: 7153648

Musiek & Lirieke deur:

Aodhan King, Joshua Grimmett en Ben Tan                              

  

Vertaling deur:

Warren Brown, Jehané De Beer en Aurelia Mouton

Free Sheet Music
Free Lyrics

Link to other DSPs


Mauris ut velit lobortis tortor sagittis sagittis. Donec ut rutrum lorem, sit amet consequat leo. Phasellus laoreet justo quis nibh scelerisque, at commodo elit cursus. Morbi in orci diam. Suspendisse eleifend urna ac viverra commodo. Phasellus sodales fermentum urna, non vestibulum lacus suscipit non.

- Brooke Ligertwood


RELATED RESOURCES