KYK NA DIE SEUN
VERS 1:
Verlossing
Skeur deur die donker nag
Teen die spoed van lig
Skyn Sy Koninkryk in kleureprag
Vryheid
Bring lewe tot die atmosfeer
Soos die skadus wyk
En ‘n nuwe dag weer arriveer
VOOR-KOOR:
Vanuit die Hemelruim
Reik liefde na ons uit
Ewige God is Hy
Jesus, ons Heer
KOOR:
Ons kyk na die Seun
Rig ons oë op die Redder
Sien Sy liefde vir ons
Sing Sy lof nou vir ewig
VERS 2:
Die Skepping
Ontwaak in Sy Koninkryk
Sien die hoop wat nou en vir altyd
Uit die Hemel skyn
Nou vir ewig
Uit die dood weer opgestaan
Liefde ken geen vrees
En geen duister sal Hom ooit verslaan
Authorised Translation in Language
(Look To The Son)
©2016 Hillsong Music Publishing
CCLI: 7096540
Lyrics and Melody:
Joel Houston, Reuben Morgan, Marty Sampson, Scott Ligertwood & Matthew Crocke
Translator:
Edward Lomas, Warren Brown, Konstand Spies & Zoe Donald
Link to other DSPs
Mauris ut velit lobortis tortor sagittis sagittis. Donec ut rutrum lorem, sit amet consequat leo. Phasellus laoreet justo quis nibh scelerisque, at commodo elit cursus. Morbi in orci diam. Suspendisse eleifend urna ac viverra commodo. Phasellus sodales fermentum urna, non vestibulum lacus suscipit non.
- Brooke Ligertwood
RELATED RESOURCES