KONING VAN KONINGS

VERS 1:

In die donker het ons gewag

Sonder hoop sonder lig

Na ons het U gejaag

Met genade in U oë

 

U vervul die wet en beloftes

Aan 'n maagd die Woord gebring

Van 'n troon van eind'lose glorie

Na 'n krip in ‘n stal

 

KOOR:

Prys die Vader

Prys die Seun

Prys die Gees drie in een

God van glorie

Majesteit

Prys die Koning van konings

 

VERS 2:

Om U koningkryk te onthul

En verlorenes te versoen

Om die skepping te verlos

Het U nie die kruis verwyt

 

Want selfs deur U leiding

Het U die anderkant gewaar

U't geweet dis ons verlossing

Heer U sterf vir ons sowaar

 

VERS 3:

En die oggend toe U ontwaak

Met die Hemel in afwagting

Toe die steen finaal verskuif

Die dood is deur die Lam oorwin

 

En die dooies staan weer op

Die Eng'le in verwondering

Vir elke siel wat Hom nader

Sal die Vader herstel bring

 

VERS 4:

Die Kerk van Christus kom tot stand

En die Gees verwek die vlam

Hierdie evangelie-waarheid

Sal nie kniel of vergaan

 

Deur Sy bloed en in Sy Naam

In Sy vryheid is ek vry

Jesus Christus se liefde

Bring weer lewe binne my

Amptelike Afrikaanse Vertaling

(King Of Kings)

 

©2019 Fellow Ships Music, So Essential Tunes (Admin. by Essential Music Publishing LLC), Hillsong Music Publishing Australia

CCLI: 7135132

Musiek & Lirieke deur:

Brooke Ligertwood, Scott Ligertwood en Jason Ingram

 

Vertaling deur:

Michelle Parenzee, Warren Brown, Aurelia Mouton, Jehané de Beer en Konstand Spies


Link to other DSPs


Mauris ut velit lobortis tortor sagittis sagittis. Donec ut rutrum lorem, sit amet consequat leo. Phasellus laoreet justo quis nibh scelerisque, at commodo elit cursus. Morbi in orci diam. Suspendisse eleifend urna ac viverra commodo. Phasellus sodales fermentum urna, non vestibulum lacus suscipit non.

- Brooke Ligertwood


RELATED RESOURCES