NOG EEN IN DIE VUUR
VERSE 1:
Daar's genade vir 'n hart wat aangeval word
'n Ander weg 'wyl die mure intuimel
As ek kyk na die afstand van
Waar ek was en nou myself bevind
Ek weet dat ek nooit alleen sal staan
CHORUS 1:
Daar was nog een in die vuur
Wat reg langs my staan
Daar was nog een in die waters
Wat die see terug kon hou
Sal iemand my ooit moet herinner
Van hoe Hy my vrymaak
Daar is a kruis wat nou die las dra
Waar hy vir my gesterwe het
TAG:
Daar is nog een in die vuur
VERSE 2:
Al my skulde lê dood onder die waters
Ek is nie meer 'n slaaf aan my sonde nie
Sou ek val in die tussen-in
Van die aanval en wat van my oorbly
Hoe dan ook, ek sal nooit
Voor aardsehede buig
Ek weet dat ek nooit alleen sal staan
CHORUS 2:
Daar is nog een in die vuur
Wat hier langs my staan
Daar is nog een in die waters
Wat die see terug hou
Sal iemand my ooit moet herinner
Van die vrymakingskrag
Daar's 'n graf sonder Sy liggaam
En daardie krag woon nou in my
BRIDGE:
En ek sien die lig, in die donker
Soos die donker voor Hom buig
Ek hoor die gedruis in die hemele
'wyl die tussen-in verdun
Ek voel die grond wat nou bewe
Soos die tronk se mure val
Niks staan tussen ons nie
Niks staan tussen ons nie
VERSE 3:
Daar is geen ander Naam
As die Naam van Jesus
Hy wat was en steeds is
En deur alles sal staan
Hoe dan ook in die tussen-in
Van die aanval en wat ons nie kan sien
Ek weet dat ek nooit alleen sal staan
CHORUS 3:
Daar sal nog een in die vuur wees
Wat langsaan my sal staan
Asook nog een in die waters
Wat die see terug sal hou
Sal iemand my ooit moet herinner
Hoe goed U vir my was
Elke aanval bring dan vreugde
Want ek weet U sal daar wees
Amptelike Afrikaanse Vertaling
(Another In The Fire)
© 2018 Hillsong Music Publishing
CCLI: 7143276
Musiek & Lirieke deur:
Chris Davenport & Joel Houston
Vertaling deur:
Michelle Parenzee, Francois Olivier, Konstand Spies & Warren Brown
Link to other DSPs
Mauris ut velit lobortis tortor sagittis sagittis. Donec ut rutrum lorem, sit amet consequat leo. Phasellus laoreet justo quis nibh scelerisque, at commodo elit cursus. Morbi in orci diam. Suspendisse eleifend urna ac viverra commodo. Phasellus sodales fermentum urna, non vestibulum lacus suscipit non.
- Brooke Ligertwood
RELATED RESOURCES